Rooi Terreur

Wagte by die graf van Moisei Uritsky. Petrograd. Vertaling van die banier: "Dood van die bourgeois en hul helpers. Lank lewe die Rooi Terreur."

Die Rooi Terreur (Russies: красный террор, krasniij terror) verwys na die moorde, marteling en onderdrukking van burgerlikes en krygsgevangenes deur die Bolsjewistiese kommuniste tydens die Russiese Rewolusie en die Russiese Burgeroorlog. Skattings van die aantal sterftes wat deur die Rooi Terreur veroorsaak is, wissel van 50 000[1] tot een en 'n half miljoen.[2] Die Wittes het soortgelyke dade gepleeg, wat bekend staan as die Russiese Wit Terreur.

  1. Richard Pipes: "The Russian Revolution"; 1990; druk van 2011; bl. 838.
  2. Lajos Szaszdi: Russian civil-military relations and the origins of the second Chechen war; 2008; ISBN 9780761841784; bl. 152.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search